Conversation Between adriesmit and marikivisser

3 Visitor Messages

  1. Ek het gesien daar is so paar boeke op Kalahari.net en op Amazon, maar nou ja - die betaal ding is ook nie altyd lekker nie - hahaha. Ek het al 'n boek deur Kalahari gekoop, maar omdat ek 'n Kindle het, was dit omtrent 'n storie om die DRM af te haal sodat ek dit op die Kindle kon lees.
    Ek lees omtrent enigiets, van romanse tot rillers. Ek lees ook Engels, of eerder het maar myself gedwing om dit te doen vandat ons 3 jaar terug daar weg is, maar mens sukkel nog om partykeer 'n skrywer te kry wat lekker lees .....
    Dankie vir die moeite, as jy nie iets kry nie, geen stresse nie - ek sal maar spaar en so elke 2-3 maand vir my 'n boekie koop. Lekker daggie in SA!!!
  2. Hi, en welkom. Dit is vir my elke keer 'n groot verbassing om afrikaanse mense op sites te sien. Ek moet erken, al is ek self Afrikaans, lees ek nie afrikaanse boeke nie. So ek het nog nie regtig die moeite gedoen om te gaan soek nie. Tans is my tyd nie my eie nie. So ek sal eers by Maandag weer hier doenig wees. Gee my 'n rukkie tyd, dan sal ek gaan kyk of ek iets kan opspoor.
    Groete.
  3. Dankie, vir al die boeke - het jy enigiets in Afrikaans. Ek woon tans in New Zealand en partykeer raak mens uitgehonger vir ietsie in Afrikaans. Groete
Showing Visitor Messages 1 to 3 of 3